
Die roete vanaf Pretoria, Silkaatsnek, PTA-N & Rosslynn:
Ry met Silkaatsnek pad deur Brits op die Thabazimbi pad uit. By die laaste robot voor jy Brits uitgaan is Speedy's Uitlaat op regs. Ry reguit vir 7 km op Thabazimbi pad in die rigting van Roodekoppies & Vaalkopdam & draai links by bord Losperfontein-Wolwekraal. Ry met kronkelpad vir 5,5 km tot net verby Losperfontein korrektief op regs. (Alles teerpad).
Draai links by bord Rustenburg ( blou oorhoofse graniet kraan op regs net na afdraai ) en ry van daar 6 km tot by Kareepoort-Wonderkoppies bord. Draai regs op grondpad. Ry aan vir ,5 km en draai regs by kafee. Ry aan vir ,4 km en draai links & ry tot by T aansluiting. Draai regs en dadelik weer links tot jy in dam vas ry ( 1 km )
Please contact us if you cannot read the Road map